01/09/2026
Wysheid in Hierdie Dag (444)
---
Vers 1
---
Here, dankie vir U groot genade,
U bevry ons van die bose en die kwade.
Dankie vir wysheid om te onderskei,
om op U paaie te wandel en te bly.
---
Pre-Koor
---
Here, gee ons wysheid vir hierdie dag,
vul ons met U Gees en U skeppingskrag.
Baan vir ons die weg, wys waarheen ons moet gaan,
lei ons deur U waarheid, op U vaste baan.
---
Koor
---
Gee ons wysheid, Here, wysheid van Bo,
lei ons in waarheid, vul ons met hoop.
Maak ons harte nederig, leer ons U vrees,
help ons om getuies van Jesus te wees.
Al kom daar hartseer, al kom daar stryd,
bly ons op U Woord vertrou, deur elke tyd.
---
Vers 2
---
Here, help ons nederig bly in elke situasie,
om U Naam te verkondig, selfs in swaarkry en frustrasie.
Gee ons vrymoedigheid om U te vereer,
selfs wanneer die hartseer ons wil verteer.
---
Koor
---
Gee ons wysheid, Here, wysheid van Bo,
lei ons in waarheid, vul ons met hoop.
Maak ons harte nederig, leer ons U vrees,
help ons om getuies van Jesus te wees.
Al kom daar hartseer, al kom daar stryd,
bly ons op U Woord vertrou, deur elke tyd.
---
Brug
---
Jesus, U het die oorwinning reeds behaal,
aan die kruis het U ons sondeskuld betaal.
Die mag van die bose is deur U verbreek,
U Naam is verhewe, U krag is onbeperk!
---
Finale Koor
---
Gee ons wysheid, Here, wysheid van Bo,
lei ons in waarheid, vul ons met hoop.
Laat ons U wysheid bo alles begeer,
en wêreldse begeertes van ons afweer.
Hou ons naby U, laat ons in U bly,
totdat U wysheid ons harte bevry.
---
Outro
---
Wys ons die weg, Here, dag vir dag,
lei ons en vul ons met U krag.
Ons vertrou U, Here, ons gee alles aan U oor—
gee ons U wysheid, nou en altyd, o Heer.
---
In Jesus Naam.
---
Amen.
---
©
Mieder Palm
24/02/2023