Ons Huis, Citrusdal

Call Directions Contact the organization

Ons Huis, Citrusdal Ons gee om vir Ouer Persone - dit maak die verskil! Ons Huis is 'n program van BADISA wat residensiële en versorgingsdienste lewer aan Ouer Persone.

🏠 HELP ONS ASSEBLIEF OM ONS DAK TE HERSTEL! ❤️Ons Huis wil graag fase 1 van die nodige herstelwerk aan ons 'fascia board...
29/10/2026

🏠 HELP ONS ASSEBLIEF OM ONS DAK TE HERSTEL! ❤️

Ons Huis wil graag fase 1 van die nodige herstelwerk aan ons 'fascia boards' aanpak, en ons vra die gemeenskap se ondersteuning om hierdie projek moontlik te maak.

Kontak ons gerus indien u ’n afskrif van die kwotasie van Kouestroom wil hê.

Verwysing vir donasies: U naam / Dak

Baie dankie aan elkeen wat Ons Huis ondersteun.

📧 [email protected]
☎️ 022 921 2208

Baie dankie aan almal wat Woensdagaand ons jaarvergadering bygewoon het! Dit was lekker om al die nuus met julle te deel...
23/10/2026

Baie dankie aan almal wat Woensdagaand ons jaarvergadering bygewoon het! Dit was lekker om al die nuus met julle te deel, asook ons planne en drome vir die toekoms. 🌷

Dankie ook aan FEEDEM vir die heerlike eetgoed en moeite om alles mooi te maak, ons waardeer julle!

Afskrifte van die jaarverslag is beskikbaar by die kerk en by ons ontvangskantoor vir enigiemand wat graag ’n kopie wil hê.

19/10/2026
🚜 Ons Huis sê baie dankie! Baie dankie aan Jan Auto en die Olifantsrivier Veterane Trekkerklub dat julle Ons Huis weer S...
12/10/2026

🚜 Ons Huis sê baie dankie!

Baie dankie aan Jan Auto en die Olifantsrivier Veterane Trekkerklub dat julle Ons Huis weer Saterdag kom besoek het.

Aan almal wat donasies aan Ons Huis gemaak het en gehelp het om die dag moontlik te maak – baie, baie dankie vir julle ondersteuning en vrygewigheid.

Ons inwoners het dit, soos altyd, ongelooflik geniet! Dit is elke jaar vir hulle ’n baie spesiale dag en ons waardeer dit opreg!

🚒 Ons Huis sê dankie! 🚒Baie dankie aan Stirling Bok en sy span van die Citrusdal Brandweer vir julle tyd, hulp en bereid...
07/10/2026

🚒 Ons Huis sê dankie! 🚒

Baie dankie aan Stirling Bok en sy span van die Citrusdal Brandweer vir julle tyd, hulp en bereidwilligheid om ons vandag by te staan met ons ontruimingsoefening.

Ons waardeer julle tyd, ondersteuning en leiding, soos altyd.

Baie dankie vir alles wat julle vir Ons Huis en vir Citrusdal Gemeenskap doen ❤️🚒

🚜 Ons is opgewonde!! 🚜Die Trekkerklub kom kuier weer by ons op Saterdag 10 Oktober, en soos elke jaar sien ons inwoners ...
07/10/2026

🚜 Ons is opgewonde!! 🚜

Die Trekkerklub kom kuier weer by ons op Saterdag 10 Oktober, en soos elke jaar sien ons inwoners ongelooflik baie uit na hierdie spesiale dag! ❤️

Kom ondersteun asseblief die Trekkerklub se lekker dag by die sportsgronde. Kuier saam, geniet die trekkers, lekker atmosfeer en maak ’n dag daarvan!

Kom kuier lekker saam!Hoor wat ons die afgelope jaar bereik het, deel in ons drome en planne vir die volgende 12 maande,...
01/10/2026

Kom kuier lekker saam!

Hoor wat ons die afgelope jaar bereik het, deel in ons drome en planne vir die volgende 12 maande, en – belangrikste van alles – laat ons saam met julle dankie sê vir die ongelooflike ondersteuning van ons gemeenskap oor die afgelope jaar.

❤️ Baie dankie!Baie dankie aan die Diens en Getuienis-bediening van NG Kerk Citrusdal vir die heerlike braai en lekker k...
25/09/2026

❤️ Baie dankie!

Baie dankie aan die Diens en Getuienis-bediening van NG Kerk Citrusdal vir die heerlike braai en lekker kuiertjie gister. Ons inwoners het dit baie geniet!

’n Spesiale dankie aan al die manne wat gebraai het en bereid was om hulle dag op te offer om ons inwoners so lekker te bederf. Ons waardeer julle moeite en omgee opreg!

Judy Mouton, baie dankie vir al die reëlings en moeite om alles moontlik te maak.

En ’n groot dankie aan Abri van Zyl vir die skenking van die skaap – dit word opreg waardeer!

❤️ ’N GROOT DANKIE VAN ONS HUIS 🍷Ons wil net uit die diepte van ons harte BAIE DANKIE sê aan elke persoon en besigheid w...
14/09/2026

❤️ ’N GROOT DANKIE VAN ONS HUIS 🍷

Ons wil net uit die diepte van ons harte BAIE DANKIE sê aan elke persoon en besigheid wat ons wynveiling op Donderdag 10 September ondersteun het.

Ons weet almal dat die ekonomiese tye nie maklik is nie, en daarom beteken julle ondersteuning vir ons nóg meer. Dit wys net weer watter ongelooflike hart ons gemeenskap het en hoeveel julle vir Ons Huis en ons inwoners omgee.

Aan almal wat die aand saam met ons was, wyn en ander items geskenk het, ons waardeer elkeen van julle!

’n Baie spesiale dankie aan Kobus en Sanet van Die Vlei vir al die moeite en voorbereidings om die aand so lekker en spesiaal te maak.

Stephan van der Westhuizen, baie dankie dat jy weer eens as ons afslaer die aand so lekker aan die gang gehou het. Jy was, soos altyd, fantasties!

En dan ook ’n groot dankie aan Braam Marais van Oudam / Kleinbegin vir die interessante en inspirerende storie oor hoe Kleinbegin ontstaan het.

Aan elkeen wat deel was van die aand — dankie dat julle Ons Huis en ons inwoners ondersteun. Julle maak ’n groter verskil as wat julle dalk besef.

Ons is regtig bevoorreg om deel te wees van so ’n wonderlike gemeenskap.

Address

Parkstraat 76
Citrusdal
7340

Telephone

0229212208

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Huis, Citrusdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Ons Huis, Citrusdal:

Shortcuts

Share

Nearby government services