J.J. Dreyer Primêr Prieska

J.J. Dreyer Primêr Prieska Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from J.J. Dreyer Primêr Prieska, Public School, Prieska.

Jesus roep die kindertjies nader en sê: "Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die Ko...
07/06/2026

Jesus roep die kindertjies nader en sê: "Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die Koninkryk van God is juis vir mense soos hulle." Lukas 18:16

J.J.DREYER PRIMÊR betuig ons innige simpatie aan die ouers, breë familie en vriende met die afsterwe van Donovan Witbooi. Hy was ʼn graad 5 leerder.
Ons verstaan nie die Werke van God nie. Ons berus in die wete dat Sy Wil nie ons wil is nie.
Ons harte is seer. Donovan se plek in J.J.DREYER PRIMÊR is leeg.
Rus in Vrede liefste Donovan "Smiley" Witbooi.

J.J.DREYER PRIMÊR PANTOFFELDAGEn wie het gesê onderwysers kan nie pret hê nie!Vrydag het J.J.DREYER PRIMÊR die jaarlikse...
31/05/2026

J.J.DREYER PRIMÊR PANTOFFELDAG
En wie het gesê onderwysers kan nie pret hê nie!
Vrydag het J.J.DREYER PRIMÊR die jaarlikse pantoffeldag fondsinsameling gehou. Al wat leef en beef het snoesig opgedaag in ʼn groot verskeidenheid van pantoffels!

Gelukkige Verjaarsdag aan 'n buitengewone en uitsonderlike onderwyser!Jou geduld, toewyding en deursettingsvermoë maak e...
30/05/2026

Gelukkige Verjaarsdag aan 'n buitengewone en uitsonderlike onderwyser!
Jou geduld, toewyding en deursettingsvermoë maak elke dag 'n verskil in die lewens van die leerders en kollegas rondom jou. Jy is ongelooflik doelgerig, inspireer ander om hul beste te gee, en staan altyd gereed om te ondersteun, op te bou en aan te moedig.
Jou sin vir humor is werklik op 'n volgende vlak – jy bring lig, lag en energie waar jy ook al gaan. Dankie vir die verskil wat jy maak, vir die harte wat jy aanraak en vir die voorbeeld wat jy stel.
Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, goeie gesondheid, sukses en baie spesiale oomblikke. Jy verdien elke seën wat oor jou pad kom.
Mnr. PAULSE geniet elke oomblik van u verjaarsdag!

Happy Birthday to an extraordinary and exceptional teacher!
Your patience, dedication, determination, and perseverance make a lasting difference in the lives of both learners and colleagues. You are incredibly focused and inspiring, always encouraging others to strive for excellence while offering unwavering support and guidance.
Your sense of humor is truly next level, bringing laughter, positivity, and joy to everyone around you. Thank you for the impact you make, the lives you touch, and the example you set every day.
May this new year of your life be filled with happiness, good health, success, and countless memorable moments. You deserve every blessing that comes your way.
Happy Birthday and thank you for being the remarkable person and educator that you are!
Mr. PAULSE enjoy every moment of your birthday!

Hiermee betuig J.J.DREYER PRIMÊR as skool ons innige simpatie met die heengaan van Ronaldo Swartz, ʼn gr. 1 leerder van d...
29/05/2026

Hiermee betuig J.J.DREYER PRIMÊR as skool ons innige simpatie met die heengaan van Ronaldo Swartz, ʼn gr. 1 leerder van die skool.
Niks kan enige ouers, familie, vriende of personeel van die skool voorberei vir die verlies van ʼn kind wat soveel harte aangeraak het nie. Ons harte is seer saam met u.

Rus in Vrede klein Ronaldo...

VOORSTELLING VAN DIE SKOOLBESTUURSPAN VAN J.J.DREYER PRIMÊR Graag stel ons u amptelik voor aan die Skoolbestuurspan van ...
21/05/2026

VOORSTELLING VAN DIE SKOOLBESTUURSPAN VAN J.J.DREYER PRIMÊR

Graag stel ons u amptelik voor aan die Skoolbestuurspan van J.J.DREYER PRIMÊR:

Voor: Juf. J. Van Deventer (Prinsipaal), Juf. B. Damons ( Adjunk-Hoof)
Agter: Mnr. P. Springbok (DH - Intersen), Juf. M. Cook (DH - GF), Mnr. R. Paulse (DH - Intersen), Juf. Nel (DH - GF).

Elkeen van hierdie spanlede glo aan die beste vir elke kind in J.J.DREYER PRIMÊR. Hulle strewe daarna om die toekoms moontlik te maak vir die leerders.

13/05/2026
AANDAG ALLE OUERS EN VOOGDEINSKRYWINGS VIR 2027 SLUIT 29 MEI 20263 WEKE OM TE REGISTREERJ.J.DREYER PRIMÊR nooi alle ouer...
08/05/2026

AANDAG ALLE OUERS EN VOOGDE

INSKRYWINGS VIR 2027 SLUIT 29 MEI 2026

3 WEKE OM TE REGISTREER

J.J.DREYER PRIMÊR nooi alle ouers en voogde van voornemende leerders uit om u kinders vir gr. R, gr. 1 en enige ander graad tot en met gr. 7 te kom inskryf by die skool.
Hierdie uitnodiging is slegs vir ouers en voogde wat van voorneme is om u kind vir 2027 by J.J.DREYER PRIMÊR in te skryf.
Ons help u graag met die aanlyn registrasie van u kind vir 2027 by J.J.DREYER PRIMÊR.
U benodig gesertifiseerde afskrifte van die volgende dokumente:
Geboorte sertifikaat van leerder
ID van ouer
Kliniekkaart
Bewys van adres
Bewys van inkomste of SASSA bewys

Dankie dat u ons vertrou met u kind se toekoms!

J.J.DREYER PRIMÊR BESTUUR

06/05/2026

AANDAG ALLE OUERS EN VOOGDE

DIE OUERVERGADERING VAN VANDAG IS AFGESTEL AGV GURE WEERSOMSTANDIGHEDE.

J.J.DREYER PRIMÊR BESTUUR

TROTS J.J.DREYER PRIMÊRMnr van Wyk ons wens u alle sterkte toe met die S.A. Atletiek kampioenskappe waar u atlete gaan d...
28/04/2026

TROTS J.J.DREYER PRIMÊR
Mnr van Wyk ons wens u alle sterkte toe met die S.A. Atletiek kampioenskappe waar u atlete gaan deelneem.
Ons is super trots op u as mens met soveel toewyding en liefde vir sport! Mag elke druppel sweet se beloning groot wees!

You did your best... let God do the rest!

Address

Prieska
8940

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when J.J. Dreyer Primêr Prieska posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to J.J. Dreyer Primêr Prieska:

Share

Category