31/08/2026
Swellendam Municipality Honours Jontas Gertse on Retirement After 32 Years of Service 👏
Swellendam Municipality today bid farewell to Jontas Gertse following an extraordinary 32 years of dedicated service.
Known for a strong work ethic, unwavering commitment, and hands-on leadership, Jontas played a significant role in ensuring that Swellendam remained clean, neat, and welcoming.
Throughout three decades of service, Jontas never took a single day of sick leave and was widely respected for working alongside the teams they supervised, always setting a high standard of excellence.
The municipality extends its sincere gratitude for Jontas’s outstanding contribution to the community and wishes every happiness in retirement.
Jontas leaves behind a lasting legacy of dedication, humility, and service that will long be remembered by colleagues and residents alike.
Swellendam Municipality wishes Jontas Gertse a well-deserved and fulfilling retirement!
_________________________________
Swellendam Munisipaliteit vereer Jontas Gertse met aftrede ná 32 jaar diens 👏
Swellendam Munisipaliteit het vandag afskeid geneem van Jontas Gertse na ’n merkwaardige 32 jaar van toegewyde diens.
Jontas, bekend vir ’n sterk werksetiek, onwrikbare toewyding en praktiese leierskap, het ’n belangrike rol gespeel om te verseker dat Swellendam skoon, netjies en verwelkomend bly.
Gedurende drie dekades van diens het Jontas nie ’n enkele dag siekverlof geneem nie en is wyd gerespekteer daarvoor dat hy skouer aan skouer werk saam met die spanne onder sy toesig en altyd ’n hoë standaard van uitnemendheid gestel het.
Die Munisipaliteit spreek sy opregte dank uit teenoor Jontas vir sy uitstaande bydrae tot die gemeenskap en wens hom alle geluk in sy aftrede toe.
Jontas laat ’n blywende nalatenskap van toewyding, nederigheid en diensbaarheid agter wat nog lank deur kollegas en inwoners onthou sal word.
Swellendam Munisipaliteit wens Jontas Gertse ’n welverdiende en vervullende aftrede toe!