Nama Youth Guardians npc

Nama Youth Guardians npc We are dedicated to providing a safe, nurturing, and empowering environment for orphans and vulnerable children.

Through holistic care, education, and life-skills development, we strive to foster resilience, dignity, and opportunities for every child.

16/06/2026

Today, we remember the young people of 1976 who stood up for the right to learn, to be heard, and to dream of a better future.

As we mark 50 years since the Soweto Uprising, we pause to honour the courage of children like Hector Pieterson, whose name became a symbol of sacrifice, resilience, and hope.

For this Youth Day, four boys from Port Nolloth wrote a letter to Hector. Through their words, they reflect on the freedoms and opportunities they enjoy today, while remembering the young people who helped make those opportunities possible.

May we never take our freedom for granted. May we continue to invest in our youth, encourage their dreams, and empower them to become the leaders, teachers, doctors, entrepreneurs, and changemakers of tomorrow.

To every young person in South Africa: your voice matters, your dreams matter, and your future matters.

Happy Youth Day, South Africa. 🇿🇦

01/06/2026

Net ter inligting

🌼 JAM kids sal sluit vir die kwartaal op Saterdag 6 Junie. Kom geniet 'n laaste sessie saam met ons vir kwartaal 2 vanaf 14:00-16:00 by die volle evangelie kerk.

🌼 Guardians in action bootcamp sluit vir die eksamen en sal na die 19de Junie weer hervat.

Vir enige verdere inligting kontak gerus Estefan Pieterse by 082 333 6424 of stuur vir ons 'n epos by [email protected].

29/05/2026

Van almal by Nama Youth Guardians wil ons elke leerder baie sterkte toewens met die komende Junie-eksamen.

Onthou dat harde werk, deursettingsvermoë en goeie voorbereiding die sleutel tot sukses is.
Moenie moed verloor as die werk soms uitdagend voel nie. Doen jou bes, bly gefokus en glo in jou vermoëns. Elke stap wat jy neem, bring jou nader aan jou doelwitte.

Indien jy akademiese ondersteuning, toegang tot hulpbronne of enige ander hulp benodig gedurende hierdie eksamentyd, is jy welkom om ons te kontak. Ons is hier om jongmense te ondersteun en aan te moedig om hul volle potensiaal te bereik.

Ons glo in jou. Werk hard, bly positief en gee jou beste. Sterkte met die eksamen! 📚✨

Nama Youth Guardians – where every child finds hope.

www.namayouth.co.za
[email protected]
Estefan Pieterse (uitvoerende direkteur) - 082 333 6424

Op die 1ste Mei het ons JAM Kids-dansers die geleentheid gekry om te open vir Leon en Rietha Goosen tydens hul bediening...
12/05/2026

Op die 1ste Mei het ons JAM Kids-dansers die geleentheid gekry om te open vir Leon en Rietha Goosen tydens hul bedieningsaand by die Volle Evangelie Kerk Port Nolloth.

Dit was vir ons kinders ’n groot eer om gevra te word, en hulle het sommer dadelik ingestem.

By Nama Youth Guardians glo ons daarin om kinders holisties te ontwikkel, liggaam, verstand en gees. Ons probeer om ’n omgewing te skep waar elke kind hoop kan vind.

Moenie uitmis nie.
Kontak ons vandag nog om u kind in te skryf by een van ons programme.

Estefan Pieterse
082 333 6424
Petro Pieterse
082 928 0014

[email protected]
www.namayouth.co.za

10/05/2026

Gelukkige moedersdag🌼

21/04/2026

OUERS… ons moet praat.

Wanneer laas het jy regtig jou kind se huiswerk nagegaan?

Nie net gevra: “Is dit gedoen?” nie.
Maar werklik gaan sit en kyk?

Wanneer laas het jy geweet watter taak hierdie week ingehandig moes word?

Wanneer laas het jy jou kind se boek oopgemaak en gesien wat aangaan?

Weet jy dat jou kind hierdie maand eksamen skryf?

Weet jy in watter vakke hulle sukkel?

Weet jy wat op jou kind se rapport aangaan?

Of hoop jy maar die onderwyser gaan dit uitsorteer?

Kom ons wees eerlik.
Onderwys begin nie by die skool nie.
Dit begin by die huis.

’n Onderwyser het 30+ kinders in ’n klas.
Jy het een wat joune is.

As daar nie dissipline, belangstelling en ondersteuning by die huis is nie, veg daardie kind elke dag alleen in die klaskamer.

Ons hoor te veel:
“Maar ek werk.”
“Ek is moeg.”
“Hy moet self verantwoordelikheid vat.”
"Ek moes myself groot maak so hulle kan ook."

Ja, kinders moet verantwoordelik wees.
Maar verantwoordelikheid word geleer, nie net verwag nie.

As jy nie weet wat in jou kind se skooltas aangaan nie, as jy nie weet wanneer toetse geskryf word nie, as jy nie weet watter vakke hulle laat wakker lĂŞ nie...

Dan is dit tyd om wakker te skrik.

JY is die ouer
Onthou dit.

15/04/2026

Goeie mĂ´re!

Neem asb kennis dat daar geen JAM kids op Saterdag (18de April) sal wees nie. Ons sien julle weer volgende Saterdag (25 April).

Dankie

--

Good morning!

Please note that there will be no JAM kids program this coming Saturday (18 April). We will see you again next week Saturday (25 April)

Thank you

Kinders kyk altyd.Wanneer volwassenes rondom hulle drink, lyk dit nie net soos “lekker kuier” nie. Dit normaliseer gedra...
08/04/2026

Kinders kyk altyd.

Wanneer volwassenes rondom hulle drink, lyk dit nie net soos “lekker kuier” nie. Dit normaliseer gedrag wat hulle nog nie ten volle verstaan nie. Dit leer hulle dat alkohol is hoe jy ontspan en ontsnap.

Kinders verdien veilige ruimtes. Hulle verdien volwassenes wat ten volle teenwoordig, bewus en in beheer is. Om te drink rondom kinders verhoog die risiko van ongelukke, verminder toesig, en kan verwarring of selfs vrees veroorsaak, veral wanneer gedrag verander.

Ons kan nie eendag van kinders verwag om goeie keuses te maak as ons dit nie vandag vir hulle wys nie.

Kom ons beskerm hulle onskuld. Kom ons wees die voorbeeld wat hulle kan vertrou.

07/04/2026
JAM Kids Paasfees 2026Wat ’n dag vol energie, lag en betekenis!Op Saterdag 04 April het JAM kids die jaarlikse paasfees ...
06/04/2026

JAM Kids Paasfees 2026

Wat ’n dag vol energie, lag en betekenis!

Op Saterdag 04 April het JAM kids die jaarlikse paasfees skattejag aangebied by die Volle evangelie kerk Port Nolloth.

Hierdie jaar se tema was “In Jesus se voetspore” en ons kinders het dit letterlik uitgeleef. Ons het ’n opwindende skattejag aangebied waar hulle in twee spanne teen mekaar gekompeteer het deur speletjies, Bybelvasvrae en uitdagende puzzles.

Na ’n kragtige Paasboodskap het die spanne weggetrek op hul avontuur. Verskillende leidrade het hulle na plekke regoor die gebou gelei, waar hulle elke keer ’n speletjie moes aanpak wat gekoppel was aan iets wat Jesus in sy laaste week voor die kruisiging gedoen het. Elke aktiwiteit het ’n storie vertel.

Die aktiwiteit het nie net Woordkennis uitgebrei en kinders geestelik bedien nie, dit het ook hul begripslees, spanwerk en hoë denkvermoë getoets en opgebou.

Dankie aan elke kind wat deelgeneem het. Julle het gewys dat geloof nie net iets is wat mens hoor nie… dis iets wat jy leef. 🙌

Address

Port Nolloth
8280

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 15:30
Wednesday 09:00 - 15:30
Thursday 09:00 - 15:30
Friday 09:00 - 13:00
Saturday 09:00 - 17:00

Telephone

+27823336424

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nama Youth Guardians npc posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Nama Youth Guardians npc:

Share